Vanjaar het met ’n knal weggetrek en loop soos stroop. As beesboer kan ek nie dink dat daar al ’n jaar soos 2022 was nie. Die reën het vroeg in die seisoen begin val en net nooit opgehou nie . . .
Ek weet ook dat wanneer dinge goed gaan, ons selde veranderings wil aanbring, want dit is doodeenvoudig nie nodig nie. Ons sal dit nog oorweeg wanneer ons met die spreekwoordelike rug teen die muur is. Maar die toekoms behoort aan hulle wat nie bang is om te leer en te verander nie.
Ongelukkig is hierdie dapperes in die minderheid omdat mense nie maklik verander nie. Die beesbedryf is egter by ’n draaipunt. Produksiekoste styg vinniger as die verhoging in vleispryse.