AFGRI
BEAN
06 Des
-
9261
0,00
CORN
06 Des
-
4419
0,00
SOYA
06 Des
-
10520
0,00
SUNS
06 Des
-
10880
0,00
WEAT
06 Des
-
6673
0,00
WMAZ
06 Des
-
4953
0,00
YMAZ
06 Des
-
4813
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Drukbeweiding: Pak dit só aan

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Bestuur jou weiding reg sodat meer gras geproduseer word.
Bestuur jou weiding reg sodat meer gras geproduseer word.
Die oorgang van selektiewe laedrukbeweiding na nie-selektiewe hoëdrukbeweiding vereis ’n ernstige kopskuif. Nes met klere, pas een broek nie vir almal nie. Dit was ’n twee jaar lange proses, maar Gerrit van Zyl het die skoolgeld betaal en pas dit nou op sy plaas toe.

Niemand kan die bewyse ontken dat ultrahoëdrukbeweiding een van die sinvolste maniere is om ’n winsgewende balans tussen weidingverbetering en diereproduksie te skep nie. Ná heelwat navorsing en besoeke aan boere wat ultrahoëdrukbeweiding suksesvol toepas, was ek oortuig nie-selektiewe beweiding is die pad om te volg.

Om egter van selektiewe laedrukbeweiding (bewaringsboerdery) na nie-selektiewe hoëdrukbeweiding (herlewingsboerdery) te beweeg, vra durf. Benader dit eerder as ’n marathon pleks van ’n naelloop; eerder as ’n proses pleks van ’n gebeurtenis. Ek salueer die groot aantal boere wat ultrahoëdrukbeweiding suksesvol toepas.

Baie dinge moet reg gedoen word om jou beeskudde op dié vlak te bestuur. Geluk aan mnre. André Lund (“Mobiele bees-en-skaapkraal ’n wenner in die Karoo”, LBW, 15 Mei 2015, en skrywer van die boek Die wonder van UHDSB), Gideon Oosthuizen (“Herlewingslandbou: ‘Bring die diere in’ ”, LBW, 27 Oktober 2017) en talle ander.

Hulle het ’n vuur in my aangesteek. Al brand die vlammetjie dalk nog nie helder genoeg nie, brand dit al. Dikwels blyk ’n konsep egter só moeilik te wees dat jy dit nie eens wil probeer nie – selfs al weet jy dis die regte ding om te doen. Die meeste suksesverhale word uit nood gebore.

As jy met jou rug teen die muur is en geen ander uitweg het as vorentoe nie, kry jy noodgedwonge maniere om die “gevaar” te trotseer. En as jy aan die ander kant uitkom, besef jy dit was nie so moeilik nie. Die beste raad is om net te begin. Al kry jy dit 80% reg, is dit al ’n groot stap in die regte rigting. As jy wag om iets 100% reg te kry nog voor jy wegtrek, begin jy dikwels glad nie.

Diere wat die druk van selektiewe hoëdrukbeweiding kan hanteer, het ’n goeie liggaamskondisietelling, meer lyfvet en is aangepas by die omgewing.

beter weiding deur bestuur

Al het jou diere puik individuele produksie- en reproduksiesyfers en jy belaai jou weiding volgens tradisionele norme, is dit byna onmoontlik om meer geld op jou belegging te verdien as wat die bank jou kan bied. Jy moet darem meer rente op arbeid verdien as wat die bank jou bied.

Ál manier om dít reg te kry, is om jou beladingstempo op natuurlike weiding deur die regte bestuur volhoubaar te verhoog terwyl jy jou natuurlike hulpbron terselfdertyd verbeter. Jy kry water en lig immers verniet – bestuur dit net reg. Jy moet ook jou gereedskap – in dié geval beeste – só gebruik om dit wat moeder natuur bied, te optimaliseer.

Ja, jy kan weidings aanplant, spilpunte opsit en oesreste benut om jou drakrag te verhoog, maar die goedkoopste manier bly om die drakrag van jou natuurlike weiding deur bestuur te verbeter. Voor jy enige koste aangaan om nie-selektiewe beweiding ’n werklikheid te maak, maak seker jy het genoeg water op jou plaas (sien ook “Boer jy nog saam met die natuur?” LBW, 16 Februarie 2018).

Dit sluit boorgate, damme en natuurlik krippe met ’n hoë vloeitempo in. Die grootte is minder belangrik as die water se vloeitempo. ’n Volwasse dier benodig gemiddeld 60-70 liter water per dag in normale toestande. As jy die infrastruktuur beplan, beplan dit met jou einddoel in gedagte.

Proses hersien ná eerste stap

Mik na ’n beladingstempo wat dubbel die huidige norm is. Dit klink erg, maar dis moontlik en baie pioniers het dit al reggekry. Ek het die beginsel van ekstensiewe hoëdrukbeweiding mooi aan my veewagters verduidelik, maar omdat ek deeltyds boer, moes ek noodgedwonge die besluit van wanneer die diere geskuif moet word, aan hulle oorlaat.

Ons het begin met ’n 20% hoër beladingstempo as die norm in ons omgewing. Twee jaar lank het ons só voortgeboer, maar ek was nie tevrede met die resultate nie. Aangesien ek oortuig is van die grondbeginsels, wou ek nie aanvaar dit werk nie goed nie. Ek moes ’n ander manier kry om dit in my toestande te laat werk, sonder dat ek Saterdae hoef te sien hoe die beeste verniel is of dat die weidings nie reg benut is nie.

Balans tussen plant en dier

Daar is baie aspekte van plant en dier wat jy in die proses moet onthou. Uiteindelik moet alles daarom wentel om met ’n holistiese benadering ’n winsgewende balans te kry tussen weidingverbetering en diereproduksie. Die eerste groot aanpassing was om die produksie-per-dier-benadering te verander en meer op wins per hektaar klem te lê.

Hoewel getalle ’n groot rol speel, lê die geheim daarin oor hoe doeltreffend jy is om jou getalle heeltyd te verhoog terwyl jy steeds ’n aanvaarbare produksievlak handhaaf en natuurlik jou koste in toom hou. Elke boerdery het ’n klompie krukke waarmee ons diere help presteer. Die kwessie is om die krukke mettertyd te verminder.

Die vraag is watter kruk word eerste laat vaar en wat die impak daarvan op jou winsgewendheid is. Het jy die oortuiging van jou gemoed om die krukke stelselmatig weg te gooi in ’n poging om winsgewender te wees? Ná nagte se wakker lê oor hoe ek hoëdrukbeweiding gaan maak werk onder my bestuur en omstandighede, het ek my wiskunde uitgepluk en weidae uitgewerk.

Begin dit só toepas

Die beginsel is meer beeste op ’n kleiner area wat meer gereeld verskuif word. Jy kan self bepaal hoeveel beeste daar moet wees, hoe groot die kampe is en hoe gereeld jy beeste wil skuif. Vir beplanningsdoeleindes het ek begin met ’n tropgrootte van 100 grootvee-eenhede (GVE’s).

Dit sal beïnvloed word deur elke plaas se grootte, ligging, reënval, reënvalpatrone en arbeid, asook huidige en toekomstige beladingstempo. Eers was ek gemaklik om die diere elke derde dag te skuif. Beplanning is toe gedoen op ’n beladingstempo van 125% van die huidige tradisionele norme.

Verder het ek beplan om wiskundig net 50% van die plantmateriaal per weidingsgeleentheid te benut. Volgens die internasionale grondgesondheidspesialiste dr. Christine Jones en mnr. Jay Fuhrer bied 50% ontblaring voordele, soos min wortelafsterwing en genoeg oppervlakte vir fotosintese, wat die herstel in die groeityd bespoedig.

’n Permanente enkelstaaldraad verdeel die kampe.
Die krag vir die verdeling van kampe in kleiner eenhede kom van sonpanele.

Met dié berekening in gedagte het ek al die groter, permanente kampe verder verdeel in kleiner kampies van so na as moontlik aan 8 ha, elkeen met sy eie water. Eers het ons elke dag nuwe tydelike kampies gespan, maar dit was te tydrowend. Daarna is die kampe verdeel met ’n enkele staaldraad wat met sonkrag geëlektrifiseer is.

Moenie dit met permanente, tradisionele heinings doen nie; dit is eenvoudig te duur. As jy aanvaar ’n GVE eet 3% van sy/haar gewig per dag, vreet ’n GVE 4 927 kg droëmateriaal per jaar. Met ’n drakrag van 6 ha/GVE beteken dit dié gebied lewer teoreties gesproke 821 kg droëmateriaal per hektaar. Breek jy dit af in weidae, bied 6 ha dan 365 weidae; ’n hektaar bied dus 60 weidae.

Nou moet jy jou beeste in groter troppe kry, gereeld verskuif en die kampe genoeg kans gee vir herstel. My gevoel is om nie ’n kampie langer as drie dae te bewei nie. Ek weet die ghoeroes sê dit is te lank en ek stem dalk saam, maar tans is dit ’n werkbare oplossing in my omstandighede en ’n groot stap weg van selektiewe laedrukbeweiding.

Dalk het ek op die ou end uurlikse skuiwe, maar nou is dié besluit ’n groot stap nader aan ’n volhoubare, hoër beladingstempo. Ek het die weidae van elke kamp bepaal en kon vir die veewagters ’n spreiblad gee van hoe lank ek ’n spesifieke trop in ’n klein kamp wou laat wei. Die troppe se grootte kan verander word. Met die byhou van die spreiblad kan ek te eniger tyd teoreties weet wat die persentasie weidings is wat oor is (sien die tabel).

Dit help jou met jou beplanning. Aanvanklik boet jy 10% tot 15% produksie in as jy oorskakel. Dié “verlies” word vergoed deur die hoër getalle. Maak egter seker dit is nie te veel in die beginjare nie, want die rekeninge moet steeds betaal word. My weidingsjaar loop van 1 Augustus tot 31 Julie. In dié stelsel rus een derde van die weiding vir ’n volle jaar vir grasproduksie wat dien as ’n droogtebuffer en die res word optimaal bewei.

gereelde skuiwe: Voordele

Die doel van hoëdrukbeweiding is om die grondvrugbaarheid te verhoog en daardeur meer en beter gras te produseer. Jy moet ’n manier vind om met bestuur meer natuurlike gras te produseer. Dit is immers die goedkoopste vorm van voer wat jy kry. Die grafiek hierbo verduidelik die voordele van gereeld skuif baie mooi, veral in die groeityd.

Dankie aan mnr. De Wet Coetzee van Lindley vir dié openbaring. Kyk na die neigingslyne van 1 x 7, 2 x 7 en 2 x 14. Dit het baie voordele, waarvan diereproduksie die belangrikste is. Dit verlaag ook lekinname drasties en die liggaamskondisietelling verhoog. Baie boere wil net die veebelading verdubbel sonder om hul diere meer gereeld te skuif en dan val diereproduksie van die wa af.

As jy nie-selektief bewei, moet die diere gereeld geskuif word. Indien nie, het jy groot moeilikheid. Soos vroeër gesê, moet jy die beladingstempo verhoog sodat jy die klein verlies aan produksie met jou getalle kan absorbeer. ’n Speenpersentasie van 85 by 100 koeie is 85 kalwers en ’n speenpersentasie van 75 by 150 koeie is 112 kalwers.

Die regte beeste

Waarneming is en bly een van die kosbaarste wapens in ’n boer se hande. Dink maar aan wat Tom Lasater, die vader van die Beefmastervleisbeesras, gesê het: “Die beste kunsmis vir jou grond is jou voetspore.” Jy moet jou waarneming verbeter en seker maak jy is deeglik bewus van klein veranderings in die natuur.

Jy sal sien die weidingspatrone van jou diere verander mettertyd as jy nie-selektiewe beweiding begin toepas. Die regte soort beeste is van die grootste belang. Dit sal jy mettertyd met waarneming kan identifiseer. As jy nie die diere het nie, moet jy hulle teel. Dit begin met die koop van die regte soort bulle.

Ek het in ’n vroeëre rubriek hierna verwys (“Pak bul by die horings”, LBW, 2 Oktober 2015). Doen moeite met agtergrondinligting, aangepastheid en koop net getoetste bulle. Ek wil niemand slegte moed inpraat nie, maar jy gaan verbaas wees oor watter diere nie die hoër pas kan volhou nie. Moenie hulle bejammer nie.

Wees eerder bly as diere hulself op dié manier identifiseer. ’n Dier wat oorslaan, is soos ’n vrywillige bedanking. Benut die kans om haar te vervang met iets beters. Ek weet nie hoekom hou ons so vas aan dit wat onwinsgewend is nie.

Die diere wat die hoër druk beter kan hanteer, het die volgende eienskappe:

  • 1. ’n Inherente, goeie liggaamskondisietelling;
  • 2. Genoeg melk;
  • 3. Meer lyfvet;
  • 4. Is hormonaal gebalanseerd;
  • 5. Aangepas vir die omgewing;
  • 6. Regte tipe (sien die grafiek).

Diere met ’n kleiner raam is meer geskik. Van al dié eienskappe is die liggaamskondisietelling die sleutel tot beesproduksie. Hoe gouer in die onderhoudsbehoefte voorsien word, hoe gouer is daar energie oor vir melk en/of reproduksie. ’n Groter veebelading met die regte soort bees is ’n wonderlike tegniek om weiding korrek te benut.

Diere met ’n kleiner raam (tipe B) is oor die algemeen meer geskik vir hoëdrukbeweiding.

Maak dus seker jy gebruik die regte digtheid vir jou weigeleenthede. Dit is ’n reis en ’n leerproses wat jy gaan geniet. Almal leer nog elke dag.

Gerrit van Zyl besit die Hanzyl-Bonsmara-stoetery buite Dewetsdorp. Die stoetery het al talle pryse gewen.

Gerrit skryf dié rubriek in sy persoonlike hoedanigheid. Navrae: E-pos: gerritvanzyl@mweb.co.za


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-0.1%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.33
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.76
-0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,770.94
+0.1%
Silwer
22.39
+0.6%
Palladium
1,889.01
+0.6%
Platinum
999.00
-0.1%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,543
0.0%
Alle aandele
74,693
0.0%
Hulpbronne 10
74,781
0.0%
Industriële 25
91,501
0.0%
Finansiële 15
15,595
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kontak my gerus jy sal nie spyt wees nie
Goeie sin vir humor, hou van lag, gesels, Kamp, natuur, buite lewe, romantics, hou van fisiese aan raking, kontak persoon
Passievolle lewenslustige omgee persoon.
Passievol en lewenslustige. Weet hoe om die lewe te geniet. Die lewe is hopeloos te kort vir drama. Bou die toekoms wat ek vir myself wil he. Baie om te bied aan die regte...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot