Toe ek gisteraand by die huis uitloop en die vars buitelug inasem, tref dit my soos ’n skoot koue water: Die spel het verander. Dit is waar vir omtrent alle aspekte van ons lewe. Waar daar altyd krag was, is dit nou net soms die geval.
Groot aankope voor die einde van die belastingjaar was die norm – en nou sien jy dit omtrent nie meer nie. Jy het altyd ’n halwe of heel lam gekoop en in die vrieskas gebêre; nou koop jy wat jy vanaand nodig het, en stedelinge kan selfs die ete gerieflik en betyds laat aflewer.
Jy hoef nie eens meer inkopies te doen nie; jy bestel sommer en binne ’n uur word dit op jou voorstoep afgelewer. Waar sonkrag iets was wat jy sou oprig wanneer daar geen Eskomlyne was nie, is dit amper ’n moet as jy nie ’n kragopwekker het nie.