AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Versnel vrugbaarheid in jou kudde

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Om die vrugbaarheid van jou kudde te verhoog, moet jy bulle gebruik van vrugbare moeders. Bepaal deur meerbulparing wie die toets van praktiese vrugbaarheid slaag, en wees konsekwent.
Om die vrugbaarheid van jou kudde te verhoog, moet jy bulle gebruik van vrugbare moeders. Bepaal deur meerbulparing wie die toets van praktiese vrugbaarheid slaag, en wees konsekwent.
Die bekroonde stoetboer mnr. Gerrit van Zyl wil nie aanvaar dat vrugbaarheid laag oorerflik is nie, en bestuur en die omgewing kan onmoontlik 90% daartoe bydra. Die gebruik van die regte bulle afkomstig van vrugbare koeie bied die antwoord vir dié sleuteleienskap van beesboerdery.

Beladingstempo en vrugbaarheid is seker die belangrikste twee pilare waarop enige beesboerdery staan. Kyk ons na die opdrag in die Bybel van vermeerder en vul die aarde, dan kan ’n mens nie glo dat vrugbaarheid laag oorerflik kan wees nie. Verder is diere aan ons gegee om in ons fisieke behoeftes in die vorm van proteïene te voorsien.

Dit is weer eens vreemd dat daardie eienskap se oorerflikheid laag is. Oorerflikheid is ’n populasieparameter, of statistiek, wat die hoeveelheid waargenome verskille meet in ’n eienskap wat veroorsaak word deur gene wat van een generasie na ’n ander oorgedra word.

Met ander woorde, oorerflikheid is die hoeveelheid variasie in ’n eienskap wat te wyte is aan gene. Oorerflikheid dui ook aan hoe ’n eienskap op seleksie sal reageer. Seleksievordering vir laag oorerflike eienskappe is stadiger as seleksievordering vir hoog oorerflike eienskappe. Dit word algemeen aanvaar dat vrugbaarheid laag oorerflik is.

Vanaf 3% tot 10% word wêreldwyd as die norm aanvaar. Teen die agtergrond van die groter prentjie hierbo beskryf, klink dit eenvoudig nie reg nie.

Bied koeie die voordeel om optimaal te funk- sioneer. Die vinnigste, kostelose geleentheid om dit te doen, is om haar in ’n goeie liggaamskondisietelling op groen gras te laat kalf.

Reproduksie-eienskappe kernbelangrik

Ek bestudeer elke jaar alle moontlike inligting van my eie kudde nadat die veearts sy beslissings gemaak het om vas te stel of enigiets my kan help om die besettingsyfer deur seleksie te verhoog. Dit is beslis waar dat sekere moederlyne meer gereeld as dragtig gesertifiseer word as ander.

Wanneer jy ook begin krap in ’n “oop” dier se stamboom, vind jy gereeld dat daar in haar familie probleme van dieselfde aard was. Jy kry egter ook uitsonderings, soos dat ’n vers “oop” is wat uit ’n moeder kom wat op 24 maande oud die eerste keer gekalf het, ’n tussenkalfperiode (TKP) van 363 dae het en met 12 kalwers spog.

Dan skud jy net jou kop, want jy het gedink hier het jy nou iets reggekry. Omdat die boer vir gewig betaal word, is of was die klem die afgelope 30 tot 40 jaar meer op groei en karkaseienskappe.

Eienskappe vir reproduksie by die manlike en vroulike diere is dalk te maklik oorgesien. Dit is vir enige boer belangrik, maar vir die kommersiële boer is reproduksie-eienskappe vier keer belangriker as karkaseienskappe as na winsgewendheid gekyk word (Melton, 1995).

KLEIN BESTUURSAANPASSING, GROOT VERANDERING

Jare lank was daar ook nie konsensus oor watter meetbare maatstaf eintlik die akkuraatste is om te gebruik in die seleksie vir vrugbaarheid nie.

Is dit ouderdom met eerste kalf (OEK), ouderdom van puberteit, TKP, kalfdatum, kalftempo, dae van blootstelling tot besetting, dae oop, hoeveelheid kalwers gebore word per 100 koeie, besettingspersentasie, gekorrigeerde TKP of TKP tussen eerste en tweede kalf? Wat is die een eienskap wat die grootste gunstige impak op vrugbaarheid sal hê indien ons daarvoor selekteer?

Ek wil nie aanvaar dat vrugbaarheid laag oorerflik is nie en ek weier om te glo dat 90% van praktiese vrugbaarheid aan bestuur of die omgewing toegeskryf kan word. Ek is oortuig dat daar baie gedoen kan word om kosteloos die geleentheid te skep om koeie die voordeel te bied om optimaal te funksioneer.

Die belangrikste hiervan is om haar in ’n goeie liggaamskondisietelling (LKT) – party mense verwys na rugvet of lyfvet – op groen gras te laat kalf. Dit is ’n klein bestuursaanpassing wat ’n groot verandering in die aantal kalwers sal meebring, asook ’n korter TKP en natuurlik meer wins per hektaar.

KONSENTREER OPNUUT OP BULLE

Ons wil tog mettertyd ’n vrugbaarder kudde teel. Om al die diere uit te skot wat elke jaar oop is, sal sekerlik sorg dat die minder vrugbare diere mettertyd uitgeskakel word. Ek meen seleksie vir enige eienskap gaan nie net oor die uitskot van die ongewenste diere nie, maar eerder oor die kies van die gewenste diere.

Omdat bulle ’n baie groter en vinniger bydrae tot ’n kudde lewer, is dit die plek waar jy begin. Ek het iewers die volgende raakgelees: “87,5% van die genetiese samestelling van jou kudde vandag is die resultaat van die bulle wat jy die afgelope drie generasies gebruik het.”

Met hierdie kennis tot ons beskikking moet ons opnuut konsentreer op die bulle wat ons koop of gebruik. Die strengste bulseleksie het ek by die welbekende Lasaster-kudde in Noord-Amerika aangetref. Hulle gebruik nie ’n bul wie se ma nie op tweejarige ouderdom gekalf het nie.

Die volgende kriteria is dat sy ma ook op geen stadium oorgeslaan het nie. Verder gebruik hulle meerbulparing in jaar een met sowat 20 bulle, waarna daardie 20 verminder word tot 10 vir jaar twee en weer verminder tot vyf in jaar drie, na gelang van hul eie prestasie ten opsigte van libido, dekbehendigheid en natuurlik die kalwers se prestasie sodra dit beskikbaar is.

Daarna word hulle as volwasse kuddebulle verkoop. Indien ’n bul in die teelprogram gebruik word en sy ma slaan oor terwyl hy in die teelprogram is, word hy ook summier as teelbul verwyder.

SELEKTEER SONDER VERSKONINGS

Waarna moet ’n mens dus kyk? Hou aan om die diere wat oorslaan, uit te skot, maar begin ook bulle gebruik wat van vrugbare moeders kom wat op natuurlike weiding sonder te veel hulp gereeld kalf. Stel hierdie bulle dan bloot deur middel van meerbulparing en hou die bulle wat die toets van praktiese vrugbaarheid slaag.

Moet nooit ophou om voortdurend met dissipline en sonder verskonings vir dié eienskap te selekteer nie. Jy sal verbaas wees hoe hoog oorerflik vrugbaarheid eintlik is. Ek sluit af met ’n vertaalde Engelse aanhaling. ’n Dogter en haar pa het oor die oorerflikheid van vrugbaarheid geredeneer nadat sy afgestudeer het op universiteit.

Is dit dan nou laag of hoog? Die ou boer het die argument beëindig met die volgende stelling: “Ek is nie so seker oor die lae oorerflikheid van vrugbaarheid nie, maar ek is baie seker oor die hoë oorerflikheid van onvrugbaarheid. Ek weet een ding: As jou ouers nie kinders gehad het nie, is die kans baie groot dat jy ook nie sal hê nie.”

Onthou, daar is nie ’n vervanging vir hierdie baie belangrike eienskap nie. Maak seker jy selekteer daarvoor vir vinnige vooruitgang. Skot uit teen onvrugbaarheid by koeie en gebruik die regte bulle uit vrugbare koeie, en versnel sodoende jou kudde se vrugbaarheid.

Dankie aan die Profitable Ranching-WhatsApp-groep vir die stimulering van hierdie gedagtes.

Gerrrit van Zyl besit die Hanzyl-Bonsmara-stoetery buite Dewetsdorp. Die stoetery het al talle pryse gewen. Gerrit skryf dié rubriek in sy persoonlike hoedanigheid.

Dit is ’n klein bestuursaanpassing wat ’n groot verandering in die aantal kalwers sal meebring, asook ’n korter TKP en natuurlik meer wins per hektaar.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
+0.4%
Rand - Pond
21.48
+0.1%
Rand - Euro
18.42
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,798.42
-0.3%
Silwer
23.21
+2.0%
Palladium
1,898.90
-2.4%
Platinum
1,021.00
-2.2%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot