Heelwat wanopvattings en wanvoorstellings bestaan oor biostimulante, maar baie navorsing die afgelope jaar hieroor het die koring van die kaf begin skei.
Volgens die Europese Unie word biostimulante gedefinieer as produkte met die doel om plantgroei te stimuleer onafhanklik van die produk se eie voedingstofsamestelling.
Die doel van hierdie produkte is om die plant te help om voedingstowwe doeltreffender te benut, stres beter te weerstaan, gehalte en opbrengs te verbeter, en plantvoedingstowwe in die grond beter te benut.