Landbouweekblad se eeuviering in 2019 het hom die geleentheid gebied om oor die afgelope honderd jaar terug te dink. Maar hoe gereeld neem ons ’n langtermynperspektief in?
Hoe lyk dit as ons dieselfde met mielies doen? Gelukkig is so ’n perspektief moontlik omdat die staat al sedert 1918 landbousensusse doen en die resultate op distriksvlak bekend maak.
Ongelukkig is daar verskeie struikelblokke. Die data en die meegaande kaarte is byvoorbeeld nie digitaal beskikbaar nie, die getal distrikte en hul groottes verander (meestal vanweë die toutrekkery tussen politieke partye in die vorige en huidige bestel), en die definisies van die gemete aspekte verander.