Die Amerikaanse departement van landbou (VSADL) doen aan die begin van elke jaar ’n omvattende ontleding van wêreldmarkte. In die proses kyk hy ook na die Amerikaanse landbou en veral die markte vir Amerikaanse landbouprodukte.
Die ontledings dien as grondslag vir Amerika se landboubeleid en staatsondersteuning. Amerika se landbouwetgewing, wat die landbou ondersteun en ook prysondersteuning gee, word gereeld hersien aan die hand van die verwagte verloop van markte.
Dit is ’n omvattende ontleding van die verwagte verloop van wêreldmarkte vir Amerikaanse boere, en word dan teruggewerk na die mark en prysverwagtinge van hul produkte in die volgende tien jaar.