Die vraag na oliesade groei voortdurend wêreldwyd, veral wat sojabone aanbetref. Terselfdertyd word Suid-Amerika (veral Brasilië en Argentinië) die wêreld se hoofvoorsiener van mielies en sojabone, terwyl Rusland die hoofuitvoerder van koring geword het.
Amerika is stadig maar seker besig om sy oorheersende posisie as voorsiener van graan en oliesade aan die wêreld te verloor. In Amerika en Suid-Amerika is mielies en sojabone die twee oorheersende gewasse. Hulle word meestal in rotasie verbou.
In Suid-Afrika ondergaan akkerbou dieselfde ontwikkeling. Die produksie van oliesade bly groei. Die afgelope jaar het Suid-Afrika ’n rekordolie- sade-oes gehad en in die komende jaar kan daardie rekord oortref word. Die produksie van veral sojabone en kanola neem toe.