Rooivleisboere verwys dikwels na hoendervleis as groente. Die hoenderbedryf moet egter nie geringgeskat word nie, want dit is die grootste primêre landboubedryf in Suid-Afrika.
Dit is die grootste verskaffer van vleis op per capita-grondslag en lewer ook die goedkoopste vleis per kilogram (met bene ingesluit). Op verbruikersvlak vind substitusie plaas vanaf rooivleis na hoendervleis.
Grafiek 1 toon die produksiewaarde van die verskillende bedrywe. Die belangrikheid van die braaihoenderbedryf is duidelik – en eintlik moet sowat R11 miljard se eierproduksie bygetel word.