Die voorlopige resultate van die 2020-landbousensus is einde Maart 2022 deur Statistieke SA bekend gestel. Dit gee ’n opsomming van die vernaamste statistieke in die kommersiële landbou ten opsigte van produksie, landbou-uitgawes en plaasgroottes.
Die syfers klop taamlik met die ramings wat die departement van landbou gereeld publiseer. Die statistieke wat wel aandag trek, is die uiteensetting van plaasgroottes en bydrae tot produksie.
Toevallig het die Amerikaanse departement van landbou en die Australiese departement van landbou ook onlangs hul bevindinge oor plaasgroottes en relatiewe bydrae tot produksie bekend gemaak.