Mediaberigte lui dat voedselprysinflasie internasionaal begin stabiliseer en selfs effe laer begin beweeg het. Internasionaal en plaaslik het voedselprysstygings verlangsaam, maar pryse het nie gedaal nie. Mense verwar die twee verskynsels.
As inflasie laer is, beteken dit net dat pryse stadiger styg en nie dat pryse daal nie. Terselfdertyd het die produksiekoste op boerderyvlak in Suid-Afrika en wêreldwyd beslis nie gedaal nie. Insetpryse is steeds op hoë vlakke, wat produksie ook in Suid-Afrika kniehalter.
Uit die onlangse verslag van die Voedsel-en-landbou-organisasie (VLO) van die Verenigde Nasies blyk dit dat 45 lande voedseltekorte ervaar en buitelandse hulp nodig het om hul bevolkings te voed. Hiervan is 33 in Afrika, en van hulle is buurlande van Suid-Afrika.