Sommige markontleders verwys na “sonskynontleders”. Hulle is meestal in diens van groot ondernemings wat staatmaak op die publiek se vloei van geld en voortgesette ondersteuning.
Hulle bly hardnekkig verkondig dat dit goed gaan in die ekonomie: Ons moet net geduldig wees. Die ekonomie het immers verlede jaar met 2% gegroei. Die onlangse bekendmaking van die ekonomiese groeisyfers vir 2022, met die vierde kwartaal se negatiewe groei van -1,3%, was vir diegene ’n onverwagse skok.
Die inkrimping was feitlik oor alle sektore, die landbou ingesluit. Uitvoer het gedaal, terwyl invoersyfers styg. Dit beteken dat Suid-Afrika ’n groter invloei van kapitaal nodig het, onder meer om die rand stabiel te hou.