Skerp kritiek is uitgespreek op die besluit van die monetêre beleidskomitee (MBK) van die Reserwebank nadat die bank se repokoers op 18 November met 0,25 persentasiepunt verhoog is. Gevolglik styg banke se prima rentekoers na 7,25%.
Die Reserwebank se eie ekonometriese model toon dat inflasie in Suid-Afrika gemaklik binne die teikenband van 3-6% gaan bly. Tog dui sy modelvooruitskattings daarop dat daar in volgende drie jaar ’n hele paar rentekoersstygings verwag kan word (sien Grafiek) ten spyte van die lae verwagte inflasie.
Dit wil voorkom of die Reserwebank risiko’s langs die pad af sien, en dit is waarskynlik dat die wisselkoers van die rand gaan bly verswak. Daarom wil hy nou al briek aandraai.