Die monetêre beleidskomitee (MBK) het op 24 Maart aangekondig dat die Reserwebank se reporentekoers met 0,25% verhoog word. Dit beteken dat rentekoerse deur die hele spektrum van finansiering verhoog en die prima uitleenkoers nou 7,75% is.
Die MBK het ook aangedui dat hy die rentekoers deur die loop van die jaar verder gaan verhoog tot meer normale vlakke wat voor die covid-19-pandemie gegeld het, en daarmee saam ook die vrees van stygende inflasie.
Die boodskap is duidelik dat Suid-Afrikaners nog rentekoersverhogings vanjaar en vroeg volgende jaar kan verwag gegewe die “normale verwagte” verloop van die ekonomie. Die groot risiko is die verdere onstabiliteit en ontwrigtings wat kan voortvloei uit Rusland se inval in Oekraïne.