Die afgelope jaar of wat sal bekend staan as die jaar wat groot verskuiwings in die wêreldsamelewing en -ekonomie teweeg gebring het, en na verwagting die wêreld in ’n nuwe era inneem. Die landbou en voedselvoorsiening staan sentraal in die sogenoemde nuwe wêreldorde wat ontwikkel.
Die afgelope jaar het aansienlike aanpassings van boerderye geverg omdat bedrywe, soos die sitrusuitvoerbedryf, aan groot geldelike druk onderhewig is. Die makro-omgewing waarin sake gedoen word, het drasties verander.
Baie mense konsentreer net op die gevolge van die konflik tussen Rusland en Oekraïne en die ontwrigtings wat dit meegebring het, maar hou in gedagte dat dit volg ná die grootskaalse ontwrigting van aanbodkettings weens die covid-19-grendeltyd.