Die nuwe somersaai-seisoen het baie nat weggespring voordat die “normale” midsomerdroogte in Januarie voorgekom het as gevolg van die sikloon oor Madagaskar en die Mosambiekkanaal.
Dit het gepaardgegaan met ’n hittegolf en boonop te min elektrisiteit wat groot opbrengsskade aan besproeiingsgewasse veroorsaak. Die jongste wintergraanoeste was effe kleiner as die vorige jaar.
Die skatting is dat sowat 2,17 miljoen ton koring en sowat 337,650 ton moutgars gelewer sal word. Albei is ’n raps minder as die vorige jaar. Kanolaproduksie (oliesade) bly stewig groei en ’n nuwe rekordoes van 210 530 ton is geraam.