Die mediumtermyn-begrotingsraamwerk (MTBR) se doel is om meer marksekerheid te gee oor die staat se bestuur van sy finansies vir die volgende drie jaar.
Natuurlik kan daar verskuiwings binne die raamwerk gedoen word en sake kan verander, maar dit spel minstens duidelik uit wat die staat se voorneme is met die bestuur van staatsfinansies. Dit is ’n baie belangrike riglyn vir finansiële markte van wat ons in die ekonomie kan verwag wat die staat se rol aanbetref.
Natuurlik sou ’n mens graag diepgaande veranderinge wou sien ten opsigte van die staat se fiskale beleid en dat baie meer geld toegewys word na ekonomiese dienste en die herstel van infrastruktuur.