Die geldsake van die landbou het vir die kalenderjaar 2022 gemengde resultate opgelewer. Die meeste akkerboupryse het skerp gestyg, terwyl die tuinboubedrywe, veral die uitvoerbedrywe, swaargekry het.
Die bruto inkomste (omset) het in 2022 met 15,2% tot R417,8 miljard gestyg, waarvan feitlik die helfte met uitvoer verdien is. Uitvoer het met 18,2% gegroei, met mielie-uitvoer wat ’n rekord van R16 miljard in die kalenderjaar behaal het.
Dit het tot gevolg gehad dat die landbou se netto inkomste volgens die jongste syfers van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling met 26,1% toegeneem het.