Die jongste skatting van die somergraanoeste wat nou ingesamel word, dui op goeie oeste die derde agtereenvolgende jaar met voldoende voorraad beskikbaar vir die binnelandse mark en redelike uitvoerbare hoeveelhede.
Die uitvoerbottelnek by die hawens het tot gevolg dat graan en oliesade op die binnelandse mark ophoop, met die gevolg dat pryse laer is as vergelykbare uitvoerpryse.
In die geval van geelmielies en sojabone is die plaaslike pryse volgens Graan SA van R500/t tot R600/t onder die vergelykbare uitvoerpryse van ander lande.