Plantegroei is dinamies omdat dit voortdurend verander. Dit is egter belangrik om veldherstel haarfyn te bestuur en te benader omdat veld so gevoelig is. Dit kan verander as dit voortdurend wanbestuur word.
André Marcel Voisin (7 Januarie 1903- 21 Desember 1964) was ’n Franse biochemikus, boer en skrywer wat veral bekend is om die ontwikkeling van die teorie van rasionele weiding (ook bekend as Voisinisme, Voisin-weiding of rasionele intensiewe weiding).
Hy het by geleentheid gesê: “As ek jou kan help om weiveld beter te verstaan, is ek nie bekommerd oor wat jy aan die weiveld gaan doen nie, ek is eerder opgewonde oor wat die weiveld vir jou gaan doen.”