Weiveld het die vermoë om self te herstel nadat dit versteur is. Dit bied ook weerstand teen verandering en sal in ’n wye reeks bestuurstoestande volhoubaar en gesond bly.
In die eerste artikel in dié reeks van twee is gekyk na gereedskapstukke wat binne ’n raamwerk van beweiding, veldtipe, veesoortkombinasie en produksiestelsel gebruik kan word om die beste stelsel vir jou plaas te ontwerp.
In hierdie artikel kom radikale veldverbeteringsmetodes, die gebruik van veldbrande en rus aan die beurt.