Op 29 Desember het Media24 ’n klompie syfers oor beurtkrag gedurende 2022 gepubliseer en as mens daarna kyk, word die omvang daarvan duidelik.
In daardie stadium het die vraag maar tussen 20 000 MW en 25 000 MW beloop vanweë die vakansie en groot nywerhede wat gesluit was. Selfs met hierdie verminderde vraag kon Eskom steeds nie voldoende krag voorsien nie en hy moes minstens fase 2-beurtkrag instel.
Teen 29 Desember het Suid-Afrika amptelik 200 dae van die jaar beurtkrag gehad, wat neerkom op 55,2% van die jaar. In ure het dit neergekom op 3 700 uur se beurtkrag, wat gelykstaande was aan 154 dae.