Manie kan verstaan hoe dit tot die beskuldiginge van onvermoë en lamsakkigheid bydra in die werk wat die departement doen.
Op ’n vraag deur die DA se Mimmy Gondwe aan Thulas Nxesi, minister van openbare ondernemings en administrasie, oor die hoeveelheid senior bestuurders in die staatsdiens wat teen 1 Mei 2022 nie die nodige kwalifikasies gehad het vir die poste wat hulle beklee nie, was die skokkende antwoord dat daar 1 211 op nasionale vlak en 1 153 op provinsiale vlak is.
Didiza se departement, met 72 sulke senior bestuurders, word net geklop deur die polisie met 214, justisie met 144 en water en sanitasie met 74 uit 38 nasionale departemente. Nie ’n prestasie om op trots te wees nie.