Die jongste ontwikkeling op die internasionale speelveld is ’n voorstel van die regering in Nieu-Seeland om boere daar te belas vir die kweekhuisgasse wat hul diere vrystel deur die opbreek van winde en urine. Boere daar is woedend oor wat hulle “poepbelasting” noem.
Hulle dreig om op te hou boer as dit ingestel word. Nogtans woed die stryd teen herkouers veral in Europa ál feller. ’n Waterskeidingsberaad is pas in Dublin, Ierland, daaroor gehou.
Plaaslik het ’n rooivleisgeselsgroep, die Rooivleis Aksiegroep (RAG), weggebreek van die bestaande bedryfstrukture soos die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO). ’n Sekondêre koöperasie, SA Red Meat Co-operative, is gestig.