Hul appèl teen hul skuldigbevinding en vonnisse het nou misluk. Die drie is in Maart 2019 tot altesaam 51 jaar tronkstraf gevonnis. Mohlahlane moet sewe jaar lank sit, Mohlaloga 20 en Nkhwashu 24 jaar. Hulle het appèl aangeteken en is op borgtog vrygelaat.
Mohlahlane is in 2007 deur Lulu Xingwana, destyds minister van landbou, van die pos as adjunk-direkteur-generaal by die departement na die bank verskuif om as uitvoerende hoof waar te neem.
In Januarie 2008 is die R6 miljoen sonder magtiging uit die bank se AgriSEB-fonds na die prokureur se trustfonds oorgedra vanwaar dit onder die skuldiges verdeel is. Die geld is onder meer gebruik om luukse motors en ’n plaas te koop. Mohlahlane is onder ’n wolk van korrupsie by die bank weg.