Dié multinasionale reus het verlede jaar met ’n projek, Better Farms Better Lives, begin wat daarop gemik is om 100 miljoen kleinboere in lae- en middelinkomste-lande teen 2030 van mielie- en groentesaad te voorsien.
In Afrika sluit dit Tanzanië, Malawi, Mosambiek, Zambië, Zimbabwe, Kenia en Suid-Afrika in. In Suid-Afrika is daar sowat 2 miljoen klein- en bestaansboere wat gebuk gaan onder die nadelige gevolge van die covid-19-inperking.
Sowat 10 000 van hulle het al hul sakke van 2 kg van die beste bastersaad met die hulp van Graan SA ontvang. “Ons wou nie gehad het ’n gesondheidskrisis moet ’n hongerkrisis ook word nie,” was Klaus Eckstein, uitvoerende hoof van Bayer SA, se verduideliking vir die prysenswaardige projek.