Die algemene gevoel is dat 2023 net ’n aanloop tot die nasionale verkiesing gaan wees, en dat die ANC-regering net na sy eie belange gaan omsien om te sorg dat hy aan bewind bly.
In die lig daarvan sal die landbou waarskynlik ’n politieke speelbal wees en die sektor sal homself moet staal teen die stormwinde van politieke retoriek wat sal woed. Die pessimistiese sentiment spruit waarskynlik uit die ervaring van vorige verkiesingstye.
Manie glo daar is vertroue dat die meesterplan vir landbou en landbouverwerking ’n ligstraal bied om die situasie te verbeter, maar dan sal daar daadwerklik aan die uitvoering daarvan gewerk moet word, sonder dat die plan in die aanloop tot die verkiesing net stof opgaar.