Ek kan nie onthou wanneer laas ek ’n “normale” kredietkaartmaand gehad het nie. Ek is doodseker daar was nog nie een vanjaar nie. Elke maand is daar die een of ander onvoorsiene gebeurtenis wat die begroting heeltemal op sy kop draai.
As dit nie onvoorsiene mediese uitgawes is nie, is dit ’n band wat ons in ’n slaggat verloor, of ’n geiser wat bars. Só, sonder dat jy dit besef, kan jy vinnig in groot finansiële moeilikheid wees.
Hierdie uitgawes kon baie meer gewees het as ons nie ’n mediese skema gehad het wat darem ’n deel van die uitgawes gedek het nie. Gelukkig was dit een ding waarvoor ons voorsiening gemaak het.