In November vanjaar is die rentekoers vir die sewende keer in net meer as ’n jaar verhoog – tot 10,5% tans. Die koers was laas in 2016 so hoog.
Die Reserwebank het ook aangekondig dat voor die inflasiekoers nie duidelik begin stabiliseer teen 4,5% nie, daar nog rentekoersstygings sal wees. Die meeste ekonome verwag die rentekoers sal begin 2023 tot 11% styg. As dit die geval is, sal Suid-Afrika by koerse wees wat laas in 2009 ervaar is.
Baie van ons het gewoond geraak aan ’n laerentekoersomgewing. Met al die koste van die feestyd en ook die uitgawes wat vroeg in die nuwe jaar aangegaan moet word, is dit belangrik dat gekyk word hoe hierdie koerse kontantvloei gaan raak en wat ’n mens kan doen om jou daarteen te beskerm.