In dié rubriek en my volgende een sal ek die tien beginsels behandel wat vir my die grondslag van beplanning vorm.
Toe ek 30 jaar gelede by Sanlam begin werk het, was beplanning net tot op die ouderdom van 75 jaar. Trouens, ons beplanning het selfs ’n erfporsie van ’n mens se ouers ingesluit. Dit is egter nie meer die geval nie. Jy sal heel moontlik vir langer van jou pensioengeld moet leef as die tyd dat jy gewerk en gespaar het.
Dit het ’n wye verskeidenheid implikasies, waarvan sommige deel van my “tien reëls van finansiële beplanning” is. Maar daar is ook ander fasette wat in ag geneem moet word. Wat beoog jy om ná aftrede te doen?