
Joylene van Wyk, Landbouweekblad-joernalis, het onlangs vir die eerste keer op die rug van ’n olifant gery én die rit op video vasgevang!
Van Wyk het die sonderlinge ervaring op Buffelsdrift, ’n wildsplaas buite Oudtshoorn gehad. Die wildsplaas huisves tans drie olifante, twee bulle en ’n koei, wat deur ’n olifanthanteerder van die Addo-Olifant Nasionale Park geleer is om mense toe te laat om op hulle te ry.
Van Wyk sê ’n mens kan agterkom dat die olifante skrikkerig is vir vinnig bewegende diere, soos muise. Hulle kan glo nie baie goed sien nie, dus skrik hulle vir dié klein diertjies wat so vinnig beweeg.
Die olifante vreet ook vir ’n baie groot deel van die dag omdat hue swak spysverteringstelsel beteken dat nie al hul kos behoorlik verteer word nie.
Volgens die personeel van Buffelsdrift sal die olifante teruggeneem word na die Addo-park sodra hulle vrugbaarheid bereik. Terwyl hulle egter steeds op Buffelsdrift is, word hulle glo lekker bederf. Hulle slaap tot naby hul hanteerders in hul eie opstal!
Kyk hier na ’n video van Van Wyk se olifantrit.
21 November 2011