
Die resultaat is die Tree Hog, ’n plastiekomhulsel waarmee besproeiingstyd met tot 62% verkort word. Boonop groei die bome beter.
Wanneer die mikrobe- sproeiingstelsel in ’n jong sitrusboord op die plaas Vinefera by Robertson aangeskakel word, klink dit soos die gezoem van ’n reuse swerm bye. Dit is omdat elke mikrospuitjie teen die wande van ’n Tree Hog, ’n veelkantige, swart plastiekhouer, spuit. Dit konsen- treer die water om die boom se stam pleks van om dit oor ’n groot oppervlakte te versprei.
Mnr. Louis Loubser glimlag opgewonde oor dié gezoem. Dit span immers die kroon op sy harde werk oor maande om die Tree Hog te ontwerp en te ontwikkel. Dié werk werp nou vrugte af danksy internasionale belangstelling in sy waterslim patent wat tot 62% water en elektrisiteit bespaar en onkruidbestryding vergemaklik.
Kliek op die PDFs hier onder om die volledige artikel te lees.
• Dié artikel is geborg deur GWK. Besoek GWK se webblad by http://www.gwk.co.za/