
Die SA Kaasfees se vyftiende bestaansjaar word vanjaar gevier en die fees se kollig is op alles kaas – van die gewildste kase tot eksotiese, handgemaakte boetiekkase.
Uitsonderlike wyne, bekende en gewilde sjefs en persoonlikhede en goeie musiek sal feesgangers se kaaswêreld verbreed. Feestye is daagliks van 10:00 tot 18:00.
Kaartjies kan by Computicket, Checkers of Shoprite bekom word teen R150 per dag. Senior burgers betaal R100 per dag en kinders jonger as 13 kry gratis toegang. Kaartjies sal nie by die fees se hekke beskikbaar wees nie.
Skakel Agri-Axpo vir meer inligting by 021 975 4440 of stuur ’n e-pos na admin@agriexpo.co.za. Besoek die webwwerf by www.cheesefestival.co.za
Gesels saam op Twitter by @SACheeseFest en op Facebook.