
Suid-Afrika produseer net sowat 0,5% van die wêreld se pruimedante, maar dit hou nie dié bedryf terug nie. Mnr. Chris Krone van is op die elfde pruimedant-wêreldkongres in Frankryk weer tot voorsitter van die Internasionale Pruimedantvereniging verkies. Dit is sy tweede termyn sedert 2001.
Hy is nie die enigste Suid-Afrikaner wat vereer is nie. Mnr. Dappie Smit is in ’n eeue oue ritueel tot ridder van die Pruimedant-orde van Frankryk geslaan. Sy naam sal saam met ’n klein groepie mense se name op ’n ererol gevoeg word wat in die Stadshuis van Agen in ’n kluis gebêre word.
Die vereniging is tans besig met ’n gesamentlike bemarkingsprogram in Suid-Indië om pruimedante te bevorder. Dié projek word deur lidlande van die vereniging gefinansier in verhouding tot die lande se produksie. Dít beteken dat Suid-Afrika vir ’n klein bydrae dieselfde voordeel geniet as die grootste pruimedantprodusente.
Op die meegaande foto verskyn mnre. Jean-Michel Delmas, sekretaris-generaal van die Internsionale Pruimedantevereniging (links voor) en Dappie Smit. Die foto is verskaf.
25 Augustus 2009