
Brandskade, veral die brande wat in Augustus verlede jaar 40% van Sappi se Usutu-meule se hout verwoes het, en ongunstige marktoestande is die twee redes vir Sappi se besluit dié meule se deure te sluit.
Die papiervervaardiger beoog om die meule se bedrywighede teen die einde van Januarie volgende jaar te staak en sal binnekort met werkers en ander belanghebbendes begin beraadslaag oor sy planne, lui ‘n berig van Fin24.com.
Die betrokke meule verskaf werk aan sowat 600 mense en Sappi sê hy sal aanhou soek vir ander gebruike vir die Usutu-woud.
Bron:
2 November 2009