Sterk groei in sy broodbesigheid, Sasko, het Pioneer Foods se verwaterde verdienste per aandeel in die afgelope boekjaar met 22% opgestoot. Die vervaardiger van onder meer Bokomo en Liqui Fruit sê die groeiende vraag na stapelvoedselsoorte bly sterk ondanks ongunstige ekonomiese toestande, luidens ’n berig op Fin24.com.
Die maatskappy se bedryfswins het met 34 % tot R1,2 miljard verbeter en sy inkomste het met 9 % tot R16,3 miljard gestyg. Hoër verkoopsvolumes vir sy mielieprodukte het ook tot Pioneer se goeie resultate bygedra, lui nog ’n artikel van Fin24.com.
Groei sal na verwagting in die eerste helfte van die volgende boekjaar egter stadiger wees weens wisselvallige pryse vir grondstowwe en verhogings in die koste van arbeid, elektrisiteit en vervoer, sê die maatskappy.
Bron:
2 Desember 2009