AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Skoolseun prakseer slim spilpunt-oorgang

'n Jong boer wat nog op skool is, se vindingryke spilpunt-oorgang vir groenvoerkampe het aan hom 'n medalje op 'n wetenskap-ekspo vir skole besorg.

SJ Meyer, in gr. 10 aan die Hoërskool Middelburg, is 'n Dormer-man, en sy pa, Jako, 'n Merino-man.

Dié twee boer saam op die gesin se plaas The Willows buite Middelburg in die Oos-Kaap, maar kan nie bekostig dat die troppe van hul twee stoeterye, SJ se Jako-Dormerstoet en Pa Jako se Elandslaagte-Merinostoet, deurmekaar loop nie.

Vroeër was dit op hul groenvoer-lande onder spilpunt 'n redelike gesukkel om seker te maak die groepe bly uitmekaar. Die spilpunt-sirkel, met permanente aangeplante weiding, is in 28 wigvormige kampe rondom die toring verdeel, en die onderskeie troppe word vir maksimum weidingproduksie en optimale parasietbeheer daagliks na 'n nuwe kamp aangeskuif. Die probleem is egter dat die spilpunt in die proses steeds moet kan aanhou loop.

Daar moet dus 28 deurgange in die heinings vir die spilpuntwiele wees, maar wat ontoeganklik vir die skape is. Eers het hulle tradisionele oopswaaihekke probeer wat hulle self oop- en toegemaak het. Maar as een van die twee nie tuis of betyds was nie, het die spilpuntwiele die hekkie platgery. Dit was ook moeilik om deur die nag te besproei, en 'n tydrowende proses, omdat hulle telkens eers moes wag dat die wiel deur die deurgang loop voordat hulle weer kon toemaak.

Hul volgende plan was hekke met veer-meganismes, wat die spilpunt self oopdruk. Dit het egter net eenrigting-verkeer toegelaat, en met die tyd het die vere pap geword sodat die diere naderhand vrylik deur die effense gapings kon beweeg.

Ten einde raad het SJ die oplossing geprakseer – 'n soort verskuifbare motorhek in die vorm van 'n omgekeerde slee. Dit vorm 'n brug-oorgang vir die spilpunt-wiele, maar die skape beweeg nie daaroor nie. (Sien SJ se plakkaat hieronder met foto.)

SJ het die hele struktuur uit 32 mm-breë ligte vierkantige buiskanaal (“square tubing”) aanmekaargesweis. Dit is in die vorm van 'n omgekeerde trapesium, met 'n hoogte van 500 mm, hellings van 38 grade aan weerskante en 'n wydte van 50 cm. Dit weeg net so 15 kg, en het rondom R400 gekos om te maak.

Sy blink plan het intussen vir hom 'n medalje op die Bloemfonteinse streek-uitstalling van Eskom se jaarlikse wetenskap-ekspo vir skole verdien. Die projek is nou vir die nasionale ekspo-kompetisie gekeur.

spilpuntoorgang2

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
Wees net jou selfEks
Eks n mense men's hou van gesels lag. Wil dinge deel wat saak maak vir Ander omgee. Ek wil nie net elke keer verander om in te pas nie aanvaar my soos ek is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot