AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Bathurst-skou trek volspoed weg ná covid-19

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die skou het ’n volgepakte perdeskouprogram gehad. Foto: Fredalette Uys
Die skou het ’n volgepakte perdeskouprogram gehad. Foto: Fredalette Uys
Nie eens die langverwagte reën kon besoekers verhinder om in hul hordes terug te keer na die Bathurst-landbouskou wat begin April in Bathurst in die Oos-Kaap aangebied is.

Die skou is vanjaar vir die eerste keer sedert die covid-19-uitbreking aangebied.

Volgens mnr. Danny Wepener, voorsitter van die Bathurst-landbouvereniging, wat die skou organiseer, moes die skou vanjaar binne drie maande gereël word. Al het die covid-19-regulasies gegeld, was dit ’n reusesukses.

“Verrassend genoeg is daar meer mense deur die hekke as gewoonlik. Ons is nog besig om te tel, maar reken daar was nagenoeg 10 000 mense oor die hele naweek by die skou.”

Die Barthurst-skou is die grootste veeskou in die Oos-Kaap. Dit is amptelik 113 jaar oud, hoewel dit nie-amptelik al 150 jaar aangebied word.

bathurstskou
Die jong Colin Fletcher is geleentheid gegee om ’n bees op te veil tydens die vetveeveiling as deel van die Toyota Jong Afslaerskompetisie. Foto: Fredalette Uys
bathurstskou
In die pynappelwêreld is ’n pynappelskou aangebied met verskeie kategorieë. Foto: Fredalette Uys
bathurstskou
Die skou is veral geloof vir die uitstekende vee wat vertoon is, met die grootste hoeveelheid beeste nog in die beesafdeling, waar kommersiële en stoet-diere vertoon is. Foto: Fredalette Uys
bathurstskou
Die drie verse van mnr. Anton Vermaak van Bird Island Reds naby Alexandria is saam as die opperste kampioene aangewys in die stoetafdeling van die beesskou. Foto: Fredalette Uys

Mnr. Peter Cloete, voorsitter van Agri Oos-Kaap, wat ook die skou bygewoon het, sê die organiseerders kan werklik trots wees daarop om steeds die skou te kan aanbied.

“As ons sien wat in baie plaaslike gemeenskappe gebeur, met skoue, sportklubs en kerke wat doodloop, is dit noodsaaklik om hierdie aan die gang te hou. As julle die skou laat gaan, sal julle dit nooit weer bymekaar kry nie.”

Hy het veral die skou gelukgewens met die uitstekende veeskou wat aangebied is.

Volgens Wepener was die vee-afdeling een van die hoogtepunte van die skou, met uitstekende diere van hoë gehalte wat aangebied is in onder meer die bees- en bokafdeling, asook die pluimvee-afdeling, Nog ’n hoogtepunt was die Woody Cape Wildlife-veiling waarop ’n buffelbul, Sidima, vir die hoogste veilingsprys van R4 miljoen verkoop is.

Bathurstskou
Nie eens die reën en modder kon die amper 10 000 besoekers weerhou om die skou by te woon nie.
bathurstskou
Die Boerbokskou was gewild met strawwe kompetisie onder die verskeie deelnemers. Meer as 200 bokke is ingeskryf. Foto: Fredalette Uys
bathurstskou
Die Boerbokskou was gewild met strawwe kompetisie onder die verskeie deelnemers. Meer as 200 bokke is ingeskryf. Foto: Fredalette Uys
bathurstskou
Die grassnyerresies het groot vermaak verskaf. Mnr. Peter Cloete, voorsitter van Agri Oos-Kaap (in die oranje trui), het ook deelgeneem. Foto: Fredalette Uys

Daarby kon besoekers die pioniersdorpie besoek, wat volgens Wepener ’n uitsonderlike geskiedkundige hoogtepunt was. Nog ’n hoogtepunt was die Cannabis-uitstalling, ’n baie insiggewende en opvoedkundige uitstalling waar meer geleer kon word oor produksiepraktyke, regulering, verskillende tipes plante en die medisinale waardes daarvan. Die perdeskou was ook soos altyd ’n groot gunsteling onder besoekers.

Wepener sê hy het tydens die inperking tydens gesprekke met mense besef hoe belangrik die skou vir die gemeenskap en die groter area is, en ook vir die erfenis van die gebied. Hy sê die reikwydte van die skou is tot by Port Alfred, Makhanda, Oos-Londen en Gqeberha. Een van die belangrikste aspekte van die skou is dat die jeug meer moet leer oor die landbou.

Wepener sê hoewel die skou gedurende die inperking finansiële probleme ervaar het, het pynappelboere, privat instellings en borge seker gemaak die skou kan voortgaan.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.04
+0.4%
Rand - Pond
22.26
+0.2%
Rand - Euro
19.62
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Platinum
977.84
+1.0%
Palladium
1,444.67
-0.3%
Goud
1,968.72
+0.2%
Silwer
23.77
+1.9%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,630
+1.1%
Alle aandele
77,252
+1.0%
Hulpbronne 10
68,180
+2.3%
Industriële 25
104,063
+0.7%
Finansiële 15
15,676
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy Sien is wat jy kry, niks Meer nie maar ook niks minder ni
Want Ek word nie maklik vergeet Nie, n goeie herhindering, Kom Kyk en vind uit .Ek is Nie die tiepe wat oordeel en Dan nog demands rond slinger Nie,
Kom ons kyk
Die lewe is nie gemaak om alleen deur te gaan. Be a rebel, eat the cake! Enjoy die klein dinge, smell the flowers!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot