AFGRI
BEAN
07 Des
-
7536
0,00
CORN
07 Des
-
3807
27,00
SOYA
07 Des
-
7520
-19,00
SUNS
07 Des
-
10819,4
87,40
WEAT
07 Des
-
6195
-25,00
WMAZ
07 Des
-
3515
23,00
YMAZ
07 Des
-
3580
12,00
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

Beste Angusse kom van Moorreesburg

akkreditasie
1.	Mnre. Jannie Kotzé (agter, tweede van links) van die Angusstoetery De Panne en Jaco Smit van die Angusstoetery Black Mamba het onderskeidelik die goue bekers vir die opperste manlike en vroulike bees op die Swartlandskou gewen. Die twee touleiers is mnre. Hendrik Williams (links) en André Skippers (regs). Voor staan Paul Kotzé (links) en Theo Smit, die wenners se seuns. Foto deur Hesmarie Nel, Nessie Photography
1. Mnre. Jannie Kotzé (agter, tweede van links) van die Angusstoetery De Panne en Jaco Smit van die Angusstoetery Black Mamba het onderskeidelik die goue bekers vir die opperste manlike en vroulike bees op die Swartlandskou gewen. Die twee touleiers is mnre. Hendrik Williams (links) en André Skippers (regs). Voor staan Paul Kotzé (links) en Theo Smit, die wenners se seuns. Foto deur Hesmarie Nel, Nessie Photography
Twee Angus-telers van Moorreesburg het al die bekers in die nasionale Angus-kampioenskappe en die Swartlandskou gewen.

Die opperste kampioen-Angusbul en -Anguskoei in die land is onlangs in die Angustelersgenootskap se nasionale kampioenskappe op die Swartlandskou op Moorreesburg aangewys. Albei is in Moorreesburg geteel en hulle is ook as die opperste kampioen- manlike en vroulike dier op die skou aangewys.

Mnre. Jannie Kotzé van die Angusstoetery De Panne het die opperste kampioen-Angusbul, De Panne Locomotive, ingeskryf, terwyl mnr. Jaco Smit van die Angusstoetery Black Mamba die opperste kampioen-Anguskoei, Black Mamba Nelene, geteel het.

Mnr. Lee Wilson, ’n interras-beoordelaar wat saam met sy vrou deur Taurus Evolution van Kanada vir die nasionale Angus-kampioenskappe na Suid-Afrika gebring is, meen dit is een van die bes georganiseerde skoue wat hulle nog bygewoon het. “Ons het al skoue reg oor die wêreld op vyf vastelande bygewoon en julle het hier ’n wêreldklas-geleentheid aanmekaargeslaan.”

Wilson se vrou, Dawn, ook ’n interras-beoordelaar, meen die beeste wat op die skou te siene was, hoef geensins terug te staan vir enige ander diere ter wêreld nie. “Die genetiese eienskappe wat ons in die Angusbeeste gesien het, was fenomenaal. Locomotive sal in enige ring ter wêreld ’n baie moeilike bul wees om te klop.”

Mnr. PJ Butler, die Suid-Afrikaanse interras-beoordelaar wat al bykans ’n dekade in die Amerikaanse beesbedryf sy tande slyp, is deur die Swartlandskou na Suid-Afrika gebring om die ander beesrasse te beoordeel. “Ek het na die Angusse gekyk en dit is werklik die mooiste Angusse ter wêreld wat in hierdie ring geloop het.”

Tydens die interras-beoordeling het Dawn in haar afsluitingskommentaar al die telers gelukgewens met uitstekende genetiese gehalte wat hulle ten toon gestel het. “Ek weet dit gaan moeilik hier by julle en op sommige plekke is dit bitter droog. Die diere wat ek egter hier voor my sien, is ’n getuigskrif van ’n baie gesonde bedryf. Hierdie beeste is so goed soos wat beeste kan wees.”

Hou die Landbouweekblad dop vir Wayne Southwood se skoufoto’s van al die beesrasse wat op die Swartlandskou beoordeel is, asook Johan Coetsee se foto’s van die skaapkompetisie.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.97
-0.3%
Rand - Pond
21.17
-0.2%
Rand - Euro
17.99
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.32
-0.9%
Rand - Jen
0.14
-0.1%
Goud
1,780.31
+0.1%
Silwer
22.42
+0.2%
Palladium
1,869.76
+0.8%
Platinum
957.44
+1.6%
Brent-ruolie
73.08
+4.6%
Top-40
65,829
+1.9%
Alle aandele
72,244
+1.7%
Hulpbronne 10
69,052
+2.4%
Industriële 25
95,510
+2.3%
Finansiële 15
14,014
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Gaan elke dag voluit. More is nie vir ons verseker nie
Is buite mens. Hou van visvang kamp en sport. Is n mense mens. Plat op die aarde en so so lief vir kinders
Hoekom dan nou nie
Hou van om die vuur sit met vriende Visvang en soms in die bed le en movies kyk as die weer reg is. lewe is te kort vir drama ,😁
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot