AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Brahman-bul vir R1 miljoen opgeveil

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die sesjarige Brahmanbul WIL 15-63 Sleeping Giant. Foto: Facebook/André Kock & Seuns Lewendehawe Afslaers
Die sesjarige Brahmanbul WIL 15-63 Sleeping Giant. Foto: Facebook/André Kock & Seuns Lewendehawe Afslaers
’n Brahmanbul is die afgelope naweek tydens 'n veiling in Limpopo vir R1 miljoen opgeveil.

Die R1 miljoen wat Saterdag (26 Maart) vir ’n sesjarige Brahmanbul, WIL 15-63 Sleeping Giant, betaal is, is ’n aanduiding van volgehoue vertroue om in dié ras te belê, sê mnr. Sietze Smit, rasdirekteur van die Brahman-beestelersgenootskap van Suid-Afrika. Hierdie vertroue word versterk deur die resultate van deurlopende plaaslike navorsing wat help om hierdie ras se vele sterk punte duideliker te identifiseer en selfs sy swakhede, waaraan dan gewerk kan word.

Smit sê dit is nie die eerste Brahman-stoetbul wat vir R1 miljoen in Suid-Afrika verkoop is nie. In 2019 het mnr. Christiaan en me. Mieke Botha van Weltevreden River Ranch van Maasstroom R1 miljoen betaal vir die bul R10 15-40 Mr Jean Manso, wat deur mnr. Llewellyn Labuschagne van die R10 Brahman-stoetery by Letsitele geteel is. Die afgelope jare was daar ’n merkbare toename in die gemiddelde pryse wat in Suid-Afrika vir stoet-Brahmane betaal is.

Sleeping Giant is geteel deur mnr. Willie Becker van Nedibest Brahmane in die distrik Mogwadi (voorheen Dendron) in Limpopo. Hy is as tweejarige deur mnr. Paul Duarte van Duarte Cattle & Game Breeding in die distrik Roedtan gekoop. Duarte het die bul die afgelope naweek te koop aangebied op ’n gesamentlike produksieveiling van Duarte Cattle & Game Breeding, Weltevreden River Ranch en Bos Blanco Beefmasters & Brahmans.

Sleeping Giant is aan mnr. Marius de Beer van Keerom Brahmane in die distrik Dwaalboom verkoop.

Duarte kon nog nie vir kommentaar bereik word nie.

Op ’n Facebook-plasing ná die verkoop het hy egter geskryf: "Jitte! Jitte! Jitte! Toe ek eers daaraan gedink het om een van die indrukwekkendste bulle tans in Suid-Afrika te verkoop, was dit bedoel vir ’n ernstige teler en ernstige koper. Nooit het ek gedink ek sou so emosioneel raak oor ’n bul soos hierdie nie. Baie geluk aan Marius de Beer met die aankoop van WIL 15-63. Wat ’n eens in ’n leeftyd bul. Mag hy aanhou teel so goed soos hy vir my gedoen het, ook vir jou.”

Oor hoekom hy bereid was om R1 miljoen vir dié bul te betaal, sê De Beer aan Landbouweekblad dat sy Keerom Brahmane-stoetery redelik nuut is, en hy gebruik slegs sekere bloedlyne in die stoetery se ontwikkeling. WIL 15-63 “val mooi in” by hierdie bloedlyne wat gesogte vroulike verse produseer.

“Daardie bul teel uitstekende vroulike kalwers. Ek het met oom Willie Becker gepraat en hy reken dat die bul die beste is wat hy nog geteel het. Hierdie bul pas presies in my lyn van teling. Dis die perfekte bul vir my en ek kan jou belowe jy gaan nie so ’n bul in die volgende vyf jaar in Suid-Afrika sien nie,” sê De Beer.

Mnr. Paul van Vuuren, direkteur van André Kock & Seuns Lewendehawe Afslaers wat die veiling behartig het, stem saam dat WIL 15-63 ’n “besonder goeie bul” is.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.57
+0.1%
Rand - Euro
18.48
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.92
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie
Goeie sin vir himor, baie eerlik, hou van die bosveld dan die see en wil net mens wees. en lewe nie alleen oud word Nie.
Kom ons kyk wat wag
Ek is opreg met n goeie hart maar kan lekker Hardkoppig wees. Ek aan vaar ook iemand nes hulle is moet nooit iemand verander nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot