
Sy is geteel deur mnr. Frank Hinze (Minimoo Dexters) van Howick en die koper is dr. Frits Hoogendijk (Zambesiaka Dexters) van Bronkhorstspruit. Hulle het aan Landbouweekblad gesê Quita is ’n puik voorbeeld van top-teelmateriaal en het al die eienskappe van ’n uitstekende dubbeldoelras.
Die duurste bul, Rooimoer JLL 11-0035, is deur JCAL Dexters van Middelburg (Mpumalanga) vir R35 000 aan Mnani Implements van Delmas verkoop. Bulle het gemiddeld R27 500 behaal.
Dragtige koeie het gemiddeld R16 700 behaal, dragtige verse gemiddeld R17 500, nie-dragtige verse gemiddeld R14 500 en koeie met kalwers gemiddeld R16 500.
BKB het die veiling aangebied en die afslaer was mnr. Billy Lyons.