AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

KZN se Royal-skou terug ná twee jaar

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ná ’n twee jaar lange onderbreking weens die covid-19-pandemie is KwaZulu-Natal se jaarlikse Royal-skou weer van 27 Mei tot 5 Junie aan die gang. Foto: Verskaf
Ná ’n twee jaar lange onderbreking weens die covid-19-pandemie is KwaZulu-Natal se jaarlikse Royal-skou weer van 27 Mei tot 5 Junie aan die gang. Foto: Verskaf
Ná twee jaar waarin die Royal-skou weens die covid-19-pandemie nie kon plaasvind nie, word dit van 27 Mei tot 5 Junie aangebied.

Alle uitstalruimtes vir landboumasjinerie en -werktuie vir die skou is reeds opgeraap. Organiseerders sê hulle beplan tans aan ’n vee-tentoonstelling wat so interessant soos dié van vorige skoue sal wees.

Mnr. Terry Strachan, uitvoerende hoof van die Royal-landbouvereniging van KwaZulu-Natal, wat die Royal-skou in Pietermaritzburg aanbied, sê die vereniging vier ook vanjaar sy 170ste bestaansjaar.

Hoogtepunte in die landbou-afdeling is die nasionale kampioenskappe van die Hampshire Down- en Ile de France-skaaprasse, en die Chianina-beesras, ’n Italiaanse ras wat om sy buitengewone grootte bekend is.

Die landbou-afdeling bied ook die KwaZulu-Natalse Jeugskou aan waar jong mense hul veehanteringsvaardighede ten toon kan stel, die KwaZulu-Natal-skof van Toyota SA se jong afslaerskompetisie en die skou se karkaskompetisie en -veiling wat al wêreldrekordpryse opgelewer het.

Die skou se bees- en skaapafdeling sal met die Goue Beker-beesparade in die hoofarena afgesluit word.

“Ander landbouverwante vertonings van openbare belang sluit in die skaap-en-wol-ekspo met daaglikse skaapskeerdemonstrasies, ’n insiggewende uitstalling deur die Melkprodusente-organisasie, die heuningsaal en die immergewilde voël- en konynafdeling. Die Living Land-werksessie sal 180 opkomende boere die geleentheid gee om hul vaardighede te slyp deur middel van verskeie lesings en demonstrasies,” sê Strachan voort.

Ander aktiwiteite

Anders aktiwiteite is die Witness Wheels-motorskou, die East Coast Radio Royal Rock-konsert, die Royal-simfoniekonsert, die RSG-konsert, die perdryprogram wat die vroue-pensteek-kompetisie tussen Suid-Afrika en Jordanië sal insluit, en ’n hondekompetisie.

Strachan sê ná die twee jaar lange onderbreking sal uitstallers en deelnemers aan die skou se landbou-afdeling weer aan netwerkgeleenthede kan deelneem en vriendskappe kan hernu.

Die skou se veekomitee sê in die lig van onlangse uitbrekings van bek-en-klouseer en bedreigings van ander belangrike dieresiektes, sal streng biosekerheidsmaatreëls geld en die regulasies sal streng toegepas word.

Vee-eienaars met wie dié komitee in gesprek was, het hul steun vir die beheermaatreëls en regulasies uitgespreek. Hulle is opgewonde daaroor om weer hul diere te kan vertoon, om met voornemende kliënte en met mede-veeprodusente te kan skakel en om in die kameraadskap wat die Royal-skou se landbou-afdeling bied, te kan deel.

Inligting aan vee-eienaars

’n Brief wat deur Strachan geskryf is, en wat aan alle vee-eienaars gerig is wat van voorneme is om diere na die 2022 Royal-skou te bring, verduidelik watter biosekerheids- en dieregesondheidsmaatreëls by die skouterrein gevolg sal word. Klik hier om die brief te lees. Strachan dui hierin aan wat van die vee-eienaars verwag sal word: 

• Soos wat deur die landbouprodukte-agenteraad (Apac) se regulasies vereis word, sal streng biosekerheidsmaatreëls by die skou geld.

• Vee wat na die skouterrein gebring word, moes reeds ten minste 28 opeenvolgende dae op die perseel van hul eienaar gewees het onmiddellik voor die begin van die skou.

• Geen vee mag na die skouterrein gebring word as hierdie diere van ’n bek-en-klouseerbestuursgebied kom nie.

• Alle vee wat na die skou gebring word, moet van ’n onlangse gesondheidsverklaring wat deur ’n veearts onderteken is, ’n behoorlik voltooide dokument van identifikasie ingevolge die Wet op Veediefstal, sowel as ’n behoorlik voltooide diere-eienaargesondheidsverklaring vergesel word.

• Vir bykomende biosekerheidsmaatreëls sal ’n veearts heeltyds op die skouterrein wees van Vrydag 27 Mei tot Maandag 30 Mei.

Die biosekuriteitsmaatreëls kan hier gelees word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.28
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.79
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Fantastiese pa en man wat jou lewe wil opkikker
Ek is betroubaar met 'n oop uitgaande persoonlikheid, hiu van die buite lewe en natuur met die see sand onder my voete
Kom ons kyk wat wag
Ek is opreg met n goeie hart maar kan lekker Hardkoppig wees. Ek aan vaar ook iemand nes hulle is moet nooit iemand verander nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot