AFGRI
BEAN
07 Des
-
7536
0,00
CORN
07 Des
-
3708,8
0,80
SOYA
07 Des
-
7500
-39,00
SUNS
07 Des
-
9448
-2,00
WEAT
07 Des
-
6190
-30,00
WMAZ
07 Des
-
3512
6,00
YMAZ
07 Des
-
3750
-5,00
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

Nuwe veeskou wil gewese grotes vervang

akkreditasie
'n Skou. Foto: Johan Norval

Afridome Afridome; Bloemfontein
'n Skou. Foto: Johan Norval Afridome Afridome; Bloemfontein
Groot belangstelling heers onder telersgenootskappe oor ’n nuwe veeskou, Africa Livestock Expo, wat jaarliks op Parys gehou gaan word.

Dié skou sal die leemte te vul wat deur die Pretoriaskou en Randse Paasskou gelaat is.

Dié reuse-veeskou gaan in die binnenshuise skousentrum, die Dome, gehou word waar bouwerk aan bykomende stalle reeds begin het om al vanjaar 1 200 stalle gereed te hê. Dit kan na behoefte verder uitgebrei word.

Die Pretoriaskou is ’n paar jaar gelede gestaak, terwyl die Randse Paaskou reeds lankal sy vee-afdeling toegemaak het. Dit het ’n groot leemte gelaat vir ’n skou waaraan ’n groot aantal rasse kan deelneem, soos die Bloemskou in die Vrystaat en Royalskou in KwaZulu-Natal.

Die voortou vir die nuwe skou is geneem deur vyf Brahmantelers, mnre. Andries Marx, Jan Serfontein, Stephan Coetzee en Eugene Marais en adv. De Waal Nigrini. Hulle het aan Landbouweekblad gesê die eerste skou vind reeds van 2 tot 7 September 2019 plaas; naastenby die tydgleuf van die ou Pretoriaskou.

Samesprekings word met beestelersgenootskappe gevoer en minstens 12 het reeds hul steun beloof, waaronder die Brahmangenootskap nadat 72% van sy lede ja gesê het dat die nasionale kampioenskap en veiling in die toekoms slegs op Parys gehou moet word. Dié genootskap skou sedert 2014 daar toe die Brahman-wêreldskou in die Dome aangebied is. Sedertdien hou die genootskap jaarliks ’n groot saamtrek in dié uitstalsentrum wat aan mnr. Dries Venter behoort. Hierdie saamtrek sal voortaan deel van die nuwe skou uitmaak.

Benewens elke ras se eie skou sal ’n interraskompetisie ook plaasvind. Net vleis- en dubbeldoelbeesrasse gaan vanjaar deelneem, maar vanaf volgende jaar sal dit ook kleinvee en melkrasse insluit.

’n Skoukomitee gaan binnekort gestig word waarop deelnemende rasse verteenwoordig sal word.

Marais onderhandel namens die koördineringskomitee met maatskappye vir borgskappe en die name van verskeie nasionale maatskappye gaan binnekort as borge bekend gemaak word. Belangstellendes kan hom by 082 672 0605 bel.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.86
+0.4%
Rand - Pond
21.07
+0.3%
Rand - Euro
17.91
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.24
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Goud
1,783.29
+0.3%
Silwer
22.44
+0.2%
Palladium
1,864.71
+0.5%
Platinum
949.01
+0.7%
Brent-ruolie
73.08
+4.6%
Top-40
65,183
+0.9%
Alle aandele
71,648
+0.9%
Hulpbronne 10
68,041
+0.9%
Industriële 25
94,366
+1.1%
Finansiële 15
14,138
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek buitelyg maat
Ek is maar net ek lief vir die buite lewe leer my ken en jy het n vriend for life
Ek us ma net ek
Ek is maar net ek. Hou van die buite lewe, sport, musiek, hou daarvan om saam familie en vriende te kuier, avontuurlustig, spontaan, staat maker, opreg, vat nie nonsins nie....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot