By die ramme is, van links, Sybrandt van Deventer en Dano van Zyl (Vleissentraal), Eksteen, Da Silva, Hennie Visser (raadgewer) en Slabbert.
Goeie teelmateriaal was oudergewoonte op die 26ste produksieveiling van die SA Vleismerino-stoetery Dansior op Daniëlsrus beskikbaar.
Gideon Slabbert van Bethlehem se duurste ramme (1092 EX en 1036 EX) is vir R29 000 elk aan Callie da Silva van Harrismith en Eduan Eksteen van Reitz verkoop. Altesaam 40 ramme is vir gemiddeld R14 662 verkoop. Vleissentraal Bethlehem het die veiling aangebied en Allan Sinclair was die afslaer.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.