AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Swartlandskou: Samekoms vir die landbou

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dit is vanjaar die Swartlandskou se 88ste bestaansjaar. Foto: Liana Mocke
Dit is vanjaar die Swartlandskou se 88ste bestaansjaar. Foto: Liana Mocke
Die Swartlandskou op Moorreesburg het ná ’n afwesigheid van twee jaar weens die koronaviruspandemie uiteindelik weer op Woensdag 7 September begin.

Mnr. Jacques Bester, president van die Swartlandskou, sê die skouterrein is gereed vir ongeveer 20 000 besoekers van Woensdag tot Saterdag 10 September, wanneer die skou tot ’n einde kom.

“Vir my is die hoogtepunt van die skou geborge in my liefde vir mense. Dit gaan oor die samesyn van mense, veral ná die twee jaar dat die skou nie kon plaasvind nie. Dis lekker om mense bymekaar te bring wie se daaglikse lewe uit die landbou bestaan.”

Bester sê die skou gee ondersteuning aan die landboubedryf wat die afgelope twee jaar met groot kwessies moes vrede maak.

“Die grootste probleem op die oomblik is stygende insetkoste. Die huidige vlakke van koste, byvoorbeeld vir kunsmis, brandstof en selfs gif, maak dit moeilik om volhoubaar en, soos in die verlede, normaal te kan funksioneer. Landbouplatforms soos hierdie bied geleenthede om direk met verskaffers en verskillende instellings in die landbousektor te gesels, planne te maak en oor die pad vorentoe te besin.”

Swartlandskou
Die skouterrein skitter vanjaar weer met ’n groot verskeidenheid masjinerie, toerusting, voertuie en werktuie.
Swartlandbou
Die skouterrein skitter vanjaar weer met ’n groot verskeidenheid masjinerie, toerusting, voertuie en werktuie.
Jacques Bester, Norman Celliers
Mnr. Jacques Bester, president van die Swartlandskou, en mnr. Norman Celliers, uitvoerende hoof van Afgri, Woensdagoggend kort nadat die skou sy hekke oopgemaak het.

Bek-en-klouseer

Die verbod op die verskuiwing van beeste weens die uitbreking van bek-en-klouseer het vanjaar ongelukkig gekeer dat beeste nie soos oudergewoonte op die skou teenwoordig is.

Bester sê dié terugslag het egter nie sy komitee se planne en geesdrif gedemp nie.

Pleks van die beeste is daar nou diere soos alpakkas, donkies en miniatuurperdjies in die tent waar kinders hulself kan besig hou.

Hy sê daar is ook ’n groot kans dat die beeste wat daar sou wees, op 1 Oktober tydens ’n motorskou die geleentheid sal kry om geskou te word.

Biosekerheid

Bester sê biosekerheid is vir hulle baie belangrik en daarom word die paviljoen, kampe, stalle, diere en alle sleepwaens en voertuie wat die skouterrein ingaan, met Peroxsil behandel.

Volgens mnr. Retief Nel, verkoopsbestuurder van Peroxsil in Suid-Afrika, maak die produk kieme wat covid-19, vuilbek, vrotpootjie, bek-en-klouseer en vele ander siektes veroorsaak, dood.

Verskeidenheid

Die SA Vlaamperd-kampioenskap, die Wes-Kaapse Hackney-kampioenskap en die WP Saalperd-kampioenskap vind onder meer op die skou plaas.

Wat skaap betref, word die Swartland Jeugskou, die Swartlandse Merino-kampioenskap en die Wes-Kaapse SA Vleismerino-kampioenskappe ook aangebied.

Ongeveer 350 Boerbokke sal aan die Wes-Kaapse Boerbokklub se streekkampioenskap deelneem. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.72
+0.6%
Rand - Pond
20.15
+0.2%
Rand - Euro
17.57
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.46
+1.4%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,709.04
+0.5%
Silwer
20.82
+0.5%
Palladium
2,316.19
+4.1%
Platinum
921.91
+1.9%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,567
+3.0%
Alle aandele
66,048
+2.8%
Hulpbronne 10
64,011
+3.8%
Industriële 25
79,668
+2.8%
Finansiële 15
14,091
+2.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons deel
Het gesonde uitkyk op die lewe. Probeer gesond leef, fiks bly, stap, om buitelewe te verken en te geniet. binne. Hou van werskaf tuis, krap in die tuin. Sal graag my lewe wil...
Believe in yourself..not everyone is the same.
Vriendlike. spontaan en liefde vol. kan met enige persoon oor die weg kom. vis vang. braai. kamp. kos maak en bak. geniet bomfire. hou van dans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot