AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Twéé SA Vleismerino’s stel rekords op in Bloemfontein

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die SAVM-ram met die rekordprys van R220 000. Van links is mnre. Gert Jordaan (afslaer), Willie Geldenhuys en sy vrou, Nadia (verkopers), mnr. Theuns Barnard (BKB) en mev. Riana Cillié en haar man, Du Toit (kopers). Foto: Johan Norval
Die SAVM-ram met die rekordprys van R220 000. Van links is mnre. Gert Jordaan (afslaer), Willie Geldenhuys en sy vrou, Nadia (verkopers), mnr. Theuns Barnard (BKB) en mev. Riana Cillié en haar man, Du Toit (kopers). Foto: Johan Norval
Die duurste SA Vleismerino-ram op gister se nasionale veiling het die vorige rekordprys verdubbel, en die tweede duurste ram het óók die vorige rekordprys oortref.

Die 66ste nasionale veiling van die SA Vleismerino-telersgenootskap in Bloemfontein het verskeie rekordpryse opgelewer, asook ’n goeie vraag na die teelmateriaal van belowende jong stoettelers.

Mnr. Willie Geldenhuys van die plaas Kaalfontein, Ventersdorp, se ram PR 20-0001 is teen ’n rekordprys van R220 000 aan mnr. Du Toit Cillié en sy vrou, Riana, van die Agterland-boerdery by Porterville verkoop. Die vorige hoogste prys vir ’n SA Vleismerinoram was R110 000 (2017).

Geldenhuys is die afgelope 16 jaar by stoetteling betrokke. Altesaam sewe van sy vrou, Nadia, se ooie is teen gemiddeld R25 000 aan mnr. Willem Eigenhuis van Meerlust by Graaff-Reinet verkoop. Eigenhuis, ’n Midde-Oosterse landbou-konsultant, het die rekordprys vir ’n ooi van R42 000, ook van Geldenhuys, vir 21-0060N betaal. Die vorige rekordprys was R27 000.

Eigenhuis, wat pas met ’n stoetery begin het, is in sy noppies dat drie van sy ooi-aankope met lammers van die rekordprysram, PR 20-0001, dragtig is. 

Tweede rekord

Die tweede duurste ram op die veiling is vir R115 000 verkoop. Dit verbeter ook die vorige rekordprys. Hy is deur mnr. Manie en mev. Alta Lombard van Stelana-Vleismerino’s, Nooitgedacht, Oranjeville, geteel en aan mnr. Gideon Slabbert van Excelsior, Bethlehem, verkoop.

Altesaam 23 dragtige ooie het ’n gemiddelde prys van R13 804,35 behaal en 13 nie-dragtige ooie gemiddeld R13 076,92. Die gemiddelde prys van die 73 ramme was R24 808,22.

Die veiling is deur BKB aangebied en die afslaer was mnr. Gert Jordaan.
merinoveiling ooi
Die rekordprys-ooi van R42 000. Van links is mnre. Willem Eigenhuis (koper), Theuns Barnard (BKB), Ricky Augustus (kuddebestuurder) en mev. Nadia Geldenhuys en haar man, Willie (verkopers). Foto: Johan Norval
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.29
+1.4%
Rand - Pond
21.33
+0.0%
Rand - Euro
18.30
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.84
-0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,809.06
+0.6%
Silwer
23.36
+0.9%
Palladium
1,916.34
+0.9%
Platinum
1,028.50
+0.8%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,237
0.0%
Alle aandele
74,323
0.0%
Hulpbronne 10
74,020
0.0%
Industriële 25
91,592
0.0%
Finansiële 15
15,398
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom kook saam met my!
Ek is skerp. Nooit n vervelige oomblik. Jy gaan baie lag as jy my ontmoet. Jy moet asb net nie rook nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot