Volgens mnr. André van Zyl, afslaer en bemarker by Vleissentraal en self ’n boer, is daar tans ’n algehele verlaging in die pryse vir kleinvee, veral aanteelvee, op produksieveilings.
Kleinveeboere se beskikbare geld is tans om verskeie redes onder druk.
Laer produkpryse vir stoor- en slaglammers verminder boere se inkomste en dus hul koopkrag. Nog bydraende faktore is dat boere wat die afgelope paar jaar in grond belê het, en nou weens hoër rentekoerse heelwat meer aan paaiemente moet betaal, hul begroting nou baie mooi moet opstel. Daarby is voerpryse, byvoorbeeld mielies, nou aansienlik hoër.