
Promosie-artikel:’n Land se kredietgradering wys vir beleggers hoe geneë die land is om sy skuld te betaal. ’n Swakker gradering beteken dat die land duurder moet betaal op aangegaande skuld. Net soos wat individue en besighede benadeel word deur ’n hoër rentekoers, geld dieselfde vir ’n land.
Suid-Afrika se staatskuld is vroeër in 2017 afgegradeer na rommelstatus deur die kredietgraderingsagentskappe Standard and Poor’s (S&P) en Fitch.
Verlede week het die laaste van die drie grootste kredietgraderingsagentskappe, Moody’s, Suid-Afrika se skuld afgegradeer tot net bo rommelstatus. Die onderstaande tabel wys hoe, onder meer, Suid-Afrika se buitelandse skuld oor die lang termyn (“Foreign Currency LT Debt”) daar uitsien.
Die volgende graderings word waargeneem:
Moody’s: Baa3; die laagste beleggingsgradering, met ’n negatiewe uitkyk. Dit beteken dat die volgende hergradering rommelstatus mag bereik.
S&P: BB+; rommelstatus-gradering
Fitch: BB+; rommelstatus-gradering
Die onderstaande Wikepedia-tabel verduidelik die verskillende agentskappe se graderings.
Hoër rentekoers vir staatskuld beteken minder fondse is beskikbaar om op, onder meer, fiskale projekte soos infrastruktuuruitbreiding te bestee. Ekonomiese groei gaan dus daaronder ly.
Wat die rand betref: Ondanks die afgraderings lyk dit asof die geldeenheid besig is om terug te beweeg na die R12.40-vlak tot die dollar. Dit was waar die rand verhandel het voordat die vorige Minister van Finansies, mnr. Pravin Gordhan, deur President Jacob Zuma aangesê is om terug te keer uit Londen in Maart 2017.
Die vraag kan natuurlik gevra word hoekom die rand nie meer wesentlik verswak nie. Wanneer die onderstaande grafiek bestudeer word, kan daar gesien word dat daar reeds in 2016 baie fondse uit Suid-Afrika gevloei het. Dit was moontlik in verwagting van ’n rommelstatus-gradering gedoen. Tot dus ver lyk 2017 effe beter as die vorige jaar in terme van fondse wat die land uitvloei.
Dit wil ook blyk dat daar buitelandse geld uit Suid-Afrikaanse aandele (wat ’n medium- tot langtermynbelegging is) vloei, maar in staatseffekte (wat korter termyn belegging is) invloei.
’n Moontlike verduideliking is die feit dat Suid-Afrika se rentekoerse relatief hoog is. Die repokoers van 7.00% vergelyk goed met die VSA se Federale Fondse koers van 1.00%. Die rentoekoersdifferensiaal is dus 6.00%. In die sogenaamde “carry trade” word fondse geleen in lande met laer rentekoerse, byvoorbeeld die VSA, en belê in lande met hoër rentekoerse, byvoorbeeld Suid-Afrika.
Wanneer hierdie rentekoersdifferensiaal afneem, mag beleggers moontlik minder fondse in Suid-Afrikaanse in staatseffekte belê, wat ’n swakker rand-wisselkoers kan veroorsaak. Met ander woord, ’n medium-grootte-verhoging in Amerikaanse rentkoerse, tesame met ’n afname in Suid-Arikaanse rentekoerse mag lei tot ’n swakker rand.
- Edwin Smit is ’n portefeuljebestuurder by BVG Financial Solutions, ’n gemagtigde finansiële diensteverskaffer van die FSB, met lisensienommer FSP 39889, en ook ’n geregistreerde JSE-finansiële handelaar van BVG Commodities (Lid van die JSE). Hy is ’n gereelde spreker op RSG. Sy kontakbesonderhede is: (012) 484-4013 of edwin.smit@bvg.net. Die volgende dienste word gebied:
• Wisselkoersverskansing op BVG se Yield-X (JSE) lisensie. Lesers kan inteken op die daaglikse valutaverslag.
• Die ruil van fisiese kontant in samewerking met Absa en Investec: Omskakeling van rande na dollars, euros en ponde, en vice versa. Fondse word direk in kliënte se Absa of Investec bankrekening betaal: BVG Financial Solutions neem dus self nie die fondse in ontvangs nie.
• Aandeleportefeuljebestuur in samewerking met Momentum SP Reid Securities. Lesers kan inteken op die daaglikse aandeleverslae.