
Promosie-artikel:
Meeste mense is skrikkerig wanneer dit kom by beleggings op die aandelemark. Daar word gedink dat slegs mense met hoë grade in staat is om ’n suksesvolle portefeulje te kan saam stel.
Min onthou egter dat, net soos ’n aandeleportefeulje, is ’n plaas ook ’n samevoeging van bates. Wanneer ’n aandeleportefeulje op die regte manier, dit wil sê as belegging benader word en nie as ’n dobbelspel, verbeter die kanse om ’n goeie risiko aangepaste opbrengs te verkry.
Proffesionele beleggers probeer om beter as die aandelemark te presteer oor tyd, en sodoende Alpha te skep. Die feit van die saak is dat minder as 20% van proffesionele fondsbestuurders positiewe Alpha oor tyd skep, nadat kostes in ag geneem word. Die gemiddelde opbrengs op die JSE se Top 40-indeks die laaste 10 jaar was 11.72% per jaar. Ongelukkig het die JSE die laaste twee jaar nie noemenswaardig presteer nie, en dus het dit die langtermyn gemiddelde opbrengs negatief beïnvloed.
Om die syfer beter te verstaan, gestel ’n belegger belê R 250 000.00 oor 10 jaar teen 11.72%-opbrengs per jaar. Die bedrag sal groei na R 757 267.43 aan die einde van die periode. Oor 20 jaar verander die bedrag na R 2 293 815.85 en na 30 jaar is die bedrag R 6 948 128.14. Hierdie som illusteer die krag van saamgestelde rente, ook genoem die agste wonder van die wêreld deur ’n persoon genaamd Einstein. Die herbelê van winste en dividende is die groot geheim, of “holy grail” van beleggings. Die probleem is mense soek vandag oornag resultate, en dit is net nie realisties nie.
Verder, twee maniere hoe mens na die saamstel van ’n portefeulje kan kyk is die sogenaamde “Top down” en “Bottom up” benaderings. “Top down” beteken dood eenvoudig dat daar eerstens ’n markoorsig gedoen word om te bepaal in watter sektore daar belê gaan word. In Suid-Afrika word die sektore verteenwoordig deur die finansiële-, industriële- en hulpbron-indekse. Nadat die relatiewe persentasie per indeks bereken is, kan die “Bottom up”-benadering gebruik word.
Hierdie benadering beteken dat die portefeulje van onder af boontoe gebou word. Met ander woorde, daar word na die individuele aandele gekyk om te bepaal watter maatskappye die portefeulje opmaak. Die beste benadering is deesdae ’n mengsel van die twee benaderings.
’n Ander geheim in beleggings is dat, in teenstryd met konvensionele wysheid, niemand weet watter aandele die beste gaan presteer in die toekoms nie. Die idee wat deur sommige mense voorgehou word is dat daar iewers ’n klein kamertjie is waar vier of vyf here, of dames, die markte beheer. Dit mag dalk geld vir die olie- of skaars wild-markte, maar nie vir aandele nie.
Om die onsekerheid rakende toekomstige prestasie van genoteerde maatskappye aan te spreek, word die konsep van diversifikasie gebruik om die risiko in ’n portefeulje te verminder. Omdat niemand weet presies watter aandele die beste gaan presteer nie, word ’n portefeulje uit 15 tot 20 aandele saamgestel. Die onderstaande grafiek illustreer die konsep.
’n Portefeulje wat uit minder aandele, byvoorbeeld 10 maatskappye, bestaan mag dalk beter presteer as die beste aandele gekies word. Ongelukkig beteken ’n 10-aandeelportefeulje dat as daar verkeerde aandele gekies word, die impak groter gaan wees as wanneer daar 20 aandele in die protefeulje is.
Aan die ander kant van die vergelyking kry mens die portefeulje wat uit meer aandele, bvoorbeeld 25 tot 35 maatskappye bestaan. Die nadeel met so ’n portefeulje is dat dit grotendeels ’n indeks, byvoorbeeld die JSE Top 40-indeks naboots.
Beleggers wat onseker is kan bloot in ’n “exchange trade fund ETF” belê. Onderstaande tabel wys dat die Satrix 40-indeks teen 11.16% gegroei het die laaste 10 jaar, wat baie naby is aan die 11.72% van die onderliggende indeks, die JSE top 40-indeks waarna hierbo verwys word.
‘n Laaste punt. Middeslag of sogenaamde “Midcap” aandele bied die moontlikheid van effe hoër Alpha. Dit is hoekom BVG saam met Momentum SP Reid. Laasgenoemde se navorsingskundigheid is veral in middel grote aandele, en BVG het insig in basiese kwantitatiewe navorsing wat gebruik word om die fundemantele navorsing verder te verfyn.
‘n Klein deel van die 15 tot 20 aandele portefeulje word dus gekies uit die middeslag maatskappye, byvoorbeeld Ascendis Health Ltd (met “ticker” ASC), Blue Label Telecoms Ltd (BLU) en Pioneer Foods Ltd (PFG).
- Edwin Smit is ’n portefeuljebestuurder by BVG Financial, ’n gemagtigde finansiële diensteverskaffer van die FSB, en ’n lid van die JSE. Sy kontak besonderhede is: (012) 484-4013 of edwin.smit@bvg.net Lesers is welkom om hom hier te kontak om in te skryf vir BVG se daaglikse valuta- en aandelemark-oggendverslae. BVG werk in assosiasie met Momentum SP Reid-aandeelmakelaars.