
Kunsmispryse kan die volgende paar jaar stabiel bly weens onlangse kleiner aanplantings, meer fabrieke wat in die buiteland gebou word en surplusse wat ontstaan, sê mnr. Jan Vermaak, streeksdirekteur vir beplanning en verkryging van Omnia Kunsmis.
Internasionale kunsmismarkte was verlede jaar onbestendig en pryse het gestyg, maar daarna dramaties teruggeval namate die omvang van die finansiële krisis duideliker geword het. Weens kleiner internasionale graanvoorrade en toenemende produksie van biobrandstof het boere wêreldwyd meer graan geplant.
Dit het die vraag na kunsmis drasties laat toeneem en pryse die hoogte laat inskiet in ’n mark waarin tekorte reeds voorgekom het.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 25 September 2009.
21 September 2009